PROGRAM: SONDAG 23 OKTOBER 2016

09:00 STAP SAAM DEUR DIE GESKIEDENIS VAN CLANWILLIAM MET STEPHNIE MURRAY

Stap deur die oudste strate van Clanwilliam en leer oor die geskiedkundige geboue en bekende persone wat in Clanwilliam gebly het.

Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R50
Besprekings: Stephnie Murray by 084 870 0001 of pens@telkomsa.net

09:00 KERKDIENS TYDENS DIE FEES
NG KERK CLANWILLIAM

"Dans met die Drie-enige"
Dr Jannie Le Roux - Gordonsbaai

Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: Gratis
Besprekings: Geen

11:30 SARAH THERON & DIE GUGULETHU-TENORE
NG KERKSAAL

MUSIEK/GESIN

Sarah Theron en die Gugulethu Tenore bekoor en verlei oor verskeie genres heen om ieder en elk 'n gunsteling oomblik in hierdie 'Klassiek-met-Soul-kragvertoning' te verseker. Sarah en die Gugs mik 'n trotse kolskoot na die Suid-Afrikaanse hart en verwelkom elke gehoorlid met ons mooiste inheemse musiekjuwele. Hulle gee, sommer vir die lekkerte, geliefde wêreldtreffers die Suid-Afrikaanse 'magic touch'. Sarah en die Gugs is #TrotsKaaps, #TrotsSuid-Afrikaans en nou ook #TrotsSandvelds!

Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R100 per persoon
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

13:00 EET SAAM MET SJEF NIC VAN WYK
REINHOLDS RESTAURANT

‘n Leipoldt en Rooibos geïnspireerde Sondagmiddagete

Sjef Nic van Wyk, die gewilde kykNET Kokkedoor-beoordelaar, se kosstyl spreek van hartlike landelike geure. Dis ‘n speelse versnit van sy klassieke Franse opleiding en sy kinderherinneringe; tradisie met vernuwing. Sy feesspyskaart vertel ‘n storie van sy passie vir streekskos en kontreiprodukte, asook sy respek vir C. Louis Leipoldt as kos-ikoon. Sy groot smake laat kosliefhebbers stroom na Bistro 13, sy restaurant op Welmoed, Stellenbosch. In sy Kokkedoor-hoedanigheid reis hy ook deur die land met opwip-etes by kos- en kunsfeeste om sy unieke mengsel van onthoukos en kinkelkos met kosentoesiaste te deel. Nic is ook in 2017 weer te sien op Kokkedoortjie, kykNET se nuwe program vir kinderkokke. Voor Nic se roem as televisie-persoonlikheid het hy reeds naam gemaak met ‘n Eat Out-toekenning vir Terroir as Restaurant van die Jaar toe hy skaars 27 jaar oud was. Hy tree ook as gassjef op by Eat Out se jaarlikse toekenningsdinee vir die land se bekendste kosmense. Hy het in Pretoria groot geword, by die ICA studeer en sy liefde vir die fyn kookkuns verder by La Colombe ontwikkel. 

Moontlik gemaak deur: Rooibos Beperk, Cederberg Wyne en Reinholds Restaurant
Met: Sjef Nic van Wyk
Kaartjies: R200 per persoon
Besprekings: Cederbergfees-kantoor