PROGRAM: VRYDAG 21 OKTOBER 2016

09:00 TAALERFENISSIMPOSIUM
MICHAEL'S ON PARK

09:00 - 14:00

Sprekers: Prof Hans du Plessis, prof Christo van Rensburg, digter Diana Ferrus, kitaarspeler Frazer Barry en skrywer Willem Fransman
Bywoning: Bywoning deur die publiek en media op uitnodiging. Mense wat belangstel om dit by te woon, kan Charlton Lee by 011 919 9000 of charltonl@arkv.org.za kontak.

09:00 KUNSTEKAAP PRODUKSIE
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

TONEEL EN MUSIEK

Vir laerskool leerders

Tydsduur: 3 ure
Kaartjies: Gratis

10:00 ROOIBOS DAMESOGGENDTEE
NDEDEMA LODGE

OGGENDTEE

Ken jy die verskil tussen koeksisters, koesisters en bollas? Kom luister na Retha Skein en Martjie Malan in die tuin by Ndedema Lodge. Retha, 'n gebore Clanwilliamer, is by die Inniebosfees by 'n Huletts-kompetisie as bobaas-koeksisterbakker aangewys. Sy praat oor haar reis met koeksisters. Fynbakker Martjie Malan, Koekedoor 1 se naaswenner, verduidelik die verskil tussen “Koeksisters, Koesisters en Bollas”. Sy was die melktertbeoordelaar vir Weg-tydskrif se Nasionale Melktertdag en praat oor die geheime van 'n lekker melktert en die wonder van 'n goeie skilferkors. Geniet 'n koppie Rooibos en proe van ons tradisionele gebak voorgesit deur van ons land se beste bakkers.

Moontlik gemaak deur: Rooibos Beperk en Ndedema Lodge
Met: Retha Skein en Martjie Malan
Tydsduur: 90 minute 
Kaartjies: R50 per persoon (sluit tee en eetgoedjies in)
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

12:30 MAMRE
NG KERKSAAL

BLYSPEL

Hierdie teaterblyspel vier die lewe deur musiek wat sielvol vertolk word deur die talentvolle jong akteur en sanger Whaden Johannes. Aangrypende verhale word vertel oor die lewe, dwelms, kinders en die uitkyk-anties van Mamre. Met Hennie van Greunen en Pedro Kruger as mentors, bied Whaden Johannes (2015 Crescendo finalis) en regisseur Nico Scheepers (Tienertoneel) jou ’n uur van meelewing wat jou na jou asem sal laat snak.

Teks:  Nico Scheepers
Regie: Nico Scheepers
Met: Whaden Johannes
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R10 vir skoolgaande kinders en R40 vir volwassenes
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

13:00 KUNSTEKAAP PRODUKSIE EN LOOPBAANPROGRAM
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

TONEEL EN MUSIEK

Vir hoërskool leerders

Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: Gratis

17:00 BESPREKING VAN TWEE BOEKE
NDEDEMA LODGE

BOEKBESPREKING

Anemari Jansen: Eugene de Kok – Sluipmoordenaar van die staat
Neil Muller: Vuurtorings – reis saam van vuurtoring tot vuurtoring

Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R70 per persoon – sluit wynproe en olywe van die Alpha Excelsior-gasteplaas en tuisgemaakte kase in
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

19:00 TOBI JOOSTE MAAK MUSIEK
REINHOLDS RESTAURANT

MUSIEK

Tobi Jooste, suksesvolle sanger, model, TV-aanbieder, sakeman en skrywer, se sesde album, ’n Man se Hart, is pas uitgereik. Sy boek – Daar is ‘n Eiffeltoring in sy boedel – se eerste druk verkoop landwyd uit en behaal vierde plek op die Beste Afrikaanse Verkoper-ranglys. Boekwinkels raap tans die tweede druk op. Tobi Jooste het weereens bewys hoekom mense sê hy is in ‘n klas van sy eie.

Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R150 per persoon (ete ingesluit)
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

19:30 KUNSTEKAAP-PRODUKSIE
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

MUSIEK

Gala-Aand Kunstreffers Produksie

Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R40 per persoon en R20 vir skoolgaande kinders
Besprekings: Cederbergfees-kantoor