PROGRAM: DONDERDAG 20 OKTOBER 2016

17:00 150 JAARVIERING VAN DIE ANGLIKAANSE KERK
CLANWILLIAM MUSEUM

OUDIOVISUELE VERTONING

Aanbieder: Stephnie Murray
Tydsduur: 45 minute
Kaartjies: R10 per persoon
Besprekings: Geen besprekings

18:00 OPENING VAN DIE CEDERBERG-KUNSUITSTALLING
DIE KUNSHUIS

KUNSUITSTALLING

Dr Ernst van der Walt sal as openingspreker optree en ook sy boek Teen die Stormwinde bekendstel.
Uitstalling van Namasun – Ulric Roberts Oorsprong van Wysheid
Ander uitstallers: Terence Visagie – rieldans kunswerke, Stephen Basset –  rotskuns kunswerke, San Alive en Dr Helene de Kock – Koi juwele, Heather Garisch, Ria Witz, Christina Walters en Johan Coetzee.

Moontlik gemaak deur: Die Kunshuis
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: Gratis

20:00 DIE DROOMSTELERS
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

GEMEENSKAPSPRODUKSIE

‘n Produksie wat ontstaan het uit Clanwilliam se eie mense wat  handel oor alles wat ons drome steel. Wie of wat steel jou drome? Ouma dink sy is te oud om te droom, Ma se drome word deur ‘n papsak gesteel en Straatkind weet nie eens wat 'n droom is nie. Almal blameer die Droomstelers, maar is dit regtig hul skuld? Dalk, of dalk nie, want soms steel mense hul eie drome … Kom vind self uit.

Teks: Alicia Erasmus
Regie en choreografie: Alicia Erasmus
Hulp-regisseurs:  Rozanne Holland & Nicole Arendse 
Danse & Choreografie: Candice Jafta, Ayden van der Westhuizen & Darryl van Schalkwyk
Steel Band: Nicole Arendse
Stelontwerp: Alicia Erasmus
Met: Louisa Swartz, Zarion Samson, Jobry Swart, Rozanne Holland, Nicole Arendse, Mia de Milander, Quene Greyling, 'n sanggroep en spreekkoor van Sederberg Primêr, en nog vele ander beroemde bekende gesigte van ons dorp .....
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R40 vir volwassenes en R20 vir skoolgaande kinders
Besprekings: Cederbergfees-kantoor