Toneelstukke

DONDERDAG 20 OKTOBER 2016
20:00 DIE DROOMSTELERS
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

GEMEENSKAPSPRODUKSIE

‘n Produksie wat ontstaan het uit Clanwilliam se eie mense wat  handel oor alles wat ons drome steel. Wie of wat steel jou drome? Ouma dink sy is te oud om te droom, Ma se drome word deur ‘n papsak gesteel en Straatkind weet nie eens wat 'n droom is nie. Almal blameer die Droomstelers, maar is dit regtig hul skuld? Dalk, of dalk nie, want soms steel mense hul eie drome … Kom vind self uit.

Teks: Alicia Erasmus
Regie en choreografie: Alicia Erasmus
Hulp-regisseurs:  Rozanne Holland & Nicole Arendse 
Danse & Choreografie: Candice Jafta, Ayden van der Westhuizen & Darryl van Schalkwyk
Steel Band: Nicole Arendse
Stelontwerp: Alicia Erasmus
Met: Louisa Swartz, Zarion Samson, Jobry Swart, Rozanne Holland, Nicole Arendse, Mia de Milander, Quene Greyling, 'n sanggroep en spreekkoor van Sederberg Primêr, en nog vele ander beroemde bekende gesigte van ons dorp .....
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R40 vir volwassenes en R20 vir skoolgaande kinders
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

VRYDAG 21 OKTOBER 2016
09:00 KUNSTEKAAP PRODUKSIE
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

TONEEL EN MUSIEK

Vir laerskool leerders

Tydsduur: 3 ure
Kaartjies: Gratis

VRYDAG 21 OKTOBER 2016
12:30 MAMRE
NG KERKSAAL

BLYSPEL

Hierdie teaterblyspel vier die lewe deur musiek wat sielvol vertolk word deur die talentvolle jong akteur en sanger Whaden Johannes. Aangrypende verhale word vertel oor die lewe, dwelms, kinders en die uitkyk-anties van Mamre. Met Hennie van Greunen en Pedro Kruger as mentors, bied Whaden Johannes (2015 Crescendo finalis) en regisseur Nico Scheepers (Tienertoneel) jou ’n uur van meelewing wat jou na jou asem sal laat snak.

Teks:  Nico Scheepers
Regie: Nico Scheepers
Met: Whaden Johannes
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R10 vir skoolgaande kinders en R40 vir volwassenes
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

VRYDAG 21 OKTOBER 2016
13:00 KUNSTEKAAP PRODUKSIE EN LOOPBAANPROGRAM
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

TONEEL EN MUSIEK

Vir hoërskool leerders

Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: Gratis

SATERDAG 22 OKTOBER 2016
10:30 AMPER, VRYSTAAT
NG KERKSAAL

KOMEDIE
Ouderdomsbeperking: 16 (Taal)

"Mense sê die Vrystaat is waar geheime die emmer skop, waar die aarde so plat is jy sien jou toekoms as jy 'n windpomp klim ... Drie vervreemde susters ontmoet vir Ma se begrafnis in Amper, 'n dorpie duskant nêrens. Daarby het die vreemde omstandighede rondom hul ma se dood die hele kontrei aan die gons ..." Amper, Vrystaat is 'n komedie met hart. 'n Storie met waarheid wat elke mens raak. Daarby het elke mens ‘n geheim... Die produksie ontvang die prys vir die Beste Debuutproduksie by die Vrystaat Kunstefees 2015, asook vyf Fiësta-nominasies in 2016.

Teks: Die Geselskap
Regie en ontwerp: Nico Scheepers
Vervaardiger: Antoinette Louw
Met: Antoinette Louw, Cintaine Schutte en Milan Murray
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R90 per persoon
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

SATERDAG 22 OKTOBER 2016
14:30 MY BRILJANTE EGSKEIDING
NG KERKSAAL

GESINSVERMAAK

Dit was bietjie vreemd die dag toe Manie terugkeer van sy besigheidstrippie en hy begin sy tas inpak en nie uitpak nie. Voordat Engela van Tonder-Strydom weet wat haar tref, hardloop hy tas en al af met die trappe, uit by die voordeur en uit Engela se lewe. Dis eers later wat sy hoor van Rosa, die jong kaktusbloeiseltjie wat Manie op sy besigheidstrippie in Mexico ontmoet het. En dinge verander. Uit die stal van Lyf, Die Naaimasjien en Shirley Valentyn kom Geraldine Aron se wêreldtreffer.

Teks: Geraldine Aron
Vertaling/verwerking: Hennie van Greunen
Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory
Regie: Hennie van Greunen
Met: Anthea Thompson
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R90 per persoon
Besprekings: Cederbergfees-kantoor