Musiekproduksies

DONDERDAG 20 OKTOBER 2016
20:00 DIE DROOMSTELERS
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

GEMEENSKAPSPRODUKSIE

‘n Produksie wat ontstaan het uit Clanwilliam se eie mense wat  handel oor alles wat ons drome steel. Wie of wat steel jou drome? Ouma dink sy is te oud om te droom, Ma se drome word deur ‘n papsak gesteel en Straatkind weet nie eens wat 'n droom is nie. Almal blameer die Droomstelers, maar is dit regtig hul skuld? Dalk, of dalk nie, want soms steel mense hul eie drome … Kom vind self uit.

Teks: Alicia Erasmus
Regie en choreografie: Alicia Erasmus
Hulp-regisseurs:  Rozanne Holland & Nicole Arendse 
Danse & Choreografie: Candice Jafta, Ayden van der Westhuizen & Darryl van Schalkwyk
Steel Band: Nicole Arendse
Stelontwerp: Alicia Erasmus
Met: Louisa Swartz, Zarion Samson, Jobry Swart, Rozanne Holland, Nicole Arendse, Mia de Milander, Quene Greyling, 'n sanggroep en spreekkoor van Sederberg Primêr, en nog vele ander beroemde bekende gesigte van ons dorp .....
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R40 vir volwassenes en R20 vir skoolgaande kinders
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

VRYDAG 21 OKTOBER 2016
09:00 KUNSTEKAAP PRODUKSIE
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

TONEEL EN MUSIEK

Vir laerskool leerders

Tydsduur: 3 ure
Kaartjies: Gratis

VRYDAG 21 OKTOBER 2016
13:00 KUNSTEKAAP PRODUKSIE EN LOOPBAANPROGRAM
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

TONEEL EN MUSIEK

Vir hoërskool leerders

Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: Gratis

VRYDAG 21 OKTOBER 2016
19:00 TOBI JOOSTE MAAK MUSIEK
REINHOLDS RESTAURANT

MUSIEK

Tobi Jooste, suksesvolle sanger, model, TV-aanbieder, sakeman en skrywer, se sesde album, ’n Man se Hart, is pas uitgereik. Sy boek – Daar is ‘n Eiffeltoring in sy boedel – se eerste druk verkoop landwyd uit en behaal vierde plek op die Beste Afrikaanse Verkoper-ranglys. Boekwinkels raap tans die tweede druk op. Tobi Jooste het weereens bewys hoekom mense sê hy is in ‘n klas van sy eie.

Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R150 per persoon (ete ingesluit)
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

VRYDAG 21 OKTOBER 2016
19:30 KUNSTEKAAP-PRODUKSIE
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

MUSIEK

Gala-Aand Kunstreffers Produksie

Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R40 per persoon en R20 vir skoolgaande kinders
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

SATERDAG 22 OKTOBER 2016
20:00 DIE SONG WIL MY NIE LOS NIE
CLANWILLIAM SENIOR SEKONDêRE SKOOLSAAL

MUSIEKTEATER

"Die beste vertoning wat ek by die Woordfees gesien het. Ek het van die begin af gelag en gehuil." Dis die reaksie van gehoorlede ná die stuk se opening. Sewe unieke, talentvolle mense is gekeur vir die ATKV-liedjieslypskool. Hulle is toe meer as net liedjieskrywers; hulle is talentvolle sangers en elkeen het 'n beeldskone storie. Só word hul stories en liedjies vervleg tot ‘n snaakse, roerende en opruiende musiekteaterproduksie wat met elke vertoning deur juigende gehore verwelkom word. Vertel my jou storie, sing my jou song, en dalk sal ons mekaar beter verstaan.

Moontlik gemaak deur: ATKV
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R40 per persoon en R20 vir skoolgaande kinders
Besprekings: Cederbergfees-kantoor

SONDAG 23 OKTOBER 2016
11:30 SARAH THERON & DIE GUGULETHU-TENORE
NG KERKSAAL

MUSIEK/GESIN

Sarah Theron en die Gugulethu Tenore bekoor en verlei oor verskeie genres heen om ieder en elk 'n gunsteling oomblik in hierdie 'Klassiek-met-Soul-kragvertoning' te verseker. Sarah en die Gugs mik 'n trotse kolskoot na die Suid-Afrikaanse hart en verwelkom elke gehoorlid met ons mooiste inheemse musiekjuwele. Hulle gee, sommer vir die lekkerte, geliefde wêreldtreffers die Suid-Afrikaanse 'magic touch'. Sarah en die Gugs is #TrotsKaaps, #TrotsSuid-Afrikaans en nou ook #TrotsSandvelds!

Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R100 per persoon
Besprekings: Cederbergfees-kantoor